|
|
|
Gedurende die jaar 2000, is die Swaziland Reformed Church uitgenooi om aansoek te doen om lid te word van die Gereformeerde Ekumeniese Raad (GER). Lidkerke kom tans vanuit 24 lande in al die kontinente van die wêreld. Algemene vergadering word vier-jaarlike gehou. Tussen die vergaderings word die werk van die raad voortgesit deur vier staande komitees wat spesiale opdragte en programme het wat hulle moet deurvoer. Die komitees is die volgende (in Engels, omdat dit hier gaan oor amptelike beskrywings):
In Julie 2000, het Dr van Wyngaard die algemene vergadering in Yogyakarta, Indonesië bygewoon. Hy het later 'n verslag geskryf oor die rol van die Swaziland Reformed Church binne die GER, en hierdie verslag is toe gepubliseer in die Mission Bulletin van Desember 2000. Hierdie verslag is beskikbaar op die internet vir diegene wat daarin belangstel om dit te lees. Dit dui aan hoe ons sal baat deur ons lidmaatskap van die GER sowel as plekke waar ons glo ons 'n bydrae kan lewer aan die ander lidkerke van die GER. Verdere inligting oor die GER is beskikbaar op hulle tuisblad. |
|
Die verwelkomingsete tydens die byeenkoms van die Gereformeerde Ekumeniese Raad in Yogyakarta, Indonesië, Julie 2000 |
|
Op 11 Augustus 2001, het Prof Pieter Potgieter, Eerste Skriba van die GER en moderator van die Ned Geref Kerk, die SRC besoek. Hier verskyn die moderator van die SRC, ev. Philemon Gama saam met die moderator van die Ned Geref Kerk, Prof Pieter Potgieter |